Trias politica

In die reg behels die leerstuk van trias politica die skeiding van magte. Die staat se magte, naamlik wetgewende -, regsprekende - en uitvoerende gesag, moet geskei wees. Die doel daarmee is om die sentralisasie van mag te verhoed. Die oorspronklike mag verdeling, voorgestel deur John Locke, is die wetgewende, uitvoerende en federale mag, waarvan laasgenoemde hom vir die nasionale verdediging beywer. Die verspreiding wat deesdae meer gereeld voorkom, behels 'n wetgewende gesag wat wette opstel, 'n uitvoerende gesag wat die daaglikse bestuur van die staat beoefen en 'n regsprekende gesag wat hierdie implementering teen die wet toets. Hierdie verdeling gaan terug na die werk van die Franse verligtingfilosoof Charles Montesquieu, wat met hierdie staatstruktuur 'n alternatief vir die Franse absolutisme geformuleer het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search